Doesn't suit? No problem! You can return within 30 days
You won't go wrong with a gift voucher. The gift recipient can choose anything from our offer.
In Mense van my asem vertel Steve Hofmeyr uiteindelik sy lewensverhaal, in kenmerkende trant: openhartig, humoristies en uitgesproke. Hy begelei ons op 'n fassinerende reis deur sy kinderjare, sy tyd in die weermag en sy loopbaan daarna, en staan kort-kort stil by die gebeurtenisse en mense wat 'n groot impak op hom gehad het. Alle aspekte van sy lewensgeskiedenis word blootgele - sy onkonvensionele godsdienstige en politieke oortuigings, sy liefdesverhoudings en buite-egtelike kinders, 'n selfmoordpoging, sy huwelik en die ernstige operasies wat hy ondergaan het. Hierdie boek gee 'n boeiende - en soms skokkende - kykie in die lewe van die omstrede kunstenaar en mens.